Die Mag van die Tong – EBook

R40.00

Die inhoud van hierdie boek is iets waaroor daar nie geredelik geskryf word nie. Insgelyks lees baie mense die Bybel so selektief, dat hulle baie slede uitkom by daardie gedeeltes wat ook regtig saak maak, soos byvoorbeeld die gedeeltes van die Bybel wat handel oor die onderwerpe wat in hierdie boek bespreek word. Dan kan ons geredelik verstaan hoekom die deursnee mens nie vatbaar is vir dit wat hierin geskrewe staan nie.

Mense is van oordeel dat as hulle Sondag kerk toe gaan, die poorte van die hemel vir hulle wawyd oopstaan. En ja, dit mag dalk so wees juis omdat die inhoud van hierdie boek niks met jou saligheid te make het nie. Dit was nog altyd God se idee dat ons in oorwinning hier op aarde moet leef. Ditsal egter selgs regkry as ons heilig voor Hom staan. Vanweë die onderhouding en viering van al die afgodsfeeste wat in hierdie boek bespreek word, het dit tot gevolg dat ons ‘n modderploeteraars-bestaan hier op aarde voer.

Liewe leser, as jy regtig ernstig is oor die Woord van God, sal jy jouself oopstel om die Heilige Gees die geleentheid te bied om self vir jou uit te wys waar jy sonde pleeg insoverre dit die inhoud van hierdie boek aangaan. Al die afgodsfeeste wat in hierdie boek bespreek word, is ‘n gruwel in die oë van die Here. Wil jy regtig die kans waag om ongehoorsaam aan God se Woord wees en te bly?

Die Bybel is baie duidelik oor welke feeste gevier moet word. Gaan jy na die lees hiervan, God behaag of gaan jy nog steeds voortgaan op jou ou weë? Wat is jou keuse?

Category: Tag:

Description

Het jy geweet dat elke mens het dieselfde SKEPPINGSMAG as wat God indertyd aan ons gedemonstreer het en nog steeds so doen? Besef jy mens, dat jy ook met die tong dood en lewe kan spreek?

Ongelukkig het ons, die mens, toegelaat dat die mag wat daar in elkeen van ons se tong is, meer verwoesting saai deur ons skeppingsmag wat van die begin af vir die mens bedoel was, aan satan af te staan. Hoe dan so? Wel, luister maar net hoeveel leuentaal word gepraat, hoe word daar geskinder, hoe mense vloek, maar bo alles, hoe negatief mense praat. Daar is iets wat elkeen van ons baie duidelik moet verstaan. Hoe en wat jy spreek, is saad wat jy in die grond saai, en net jy en jy alleen, kan daardie oes afhaal. Niemand kan dit namens jou doen nie. Daarom is die Bybel baie duidelik daaroor dat ons moet stop en klaarmaak om dood te spreek deur selfbeheersing toe te pas en ons gedagtes te vernuwe.

Die beginsels hierbo na verwys word, vanuit ‘n Bybelse perspektief, direk aangespreek. Wat jy met die waarheid rondom hierdie baie belangrike onderwerp gaan doen, is elkeen se eie persoonlike keuse.

Additional information

Type of Book

BOOK, EBOOK