Description
Al gewonder hoekom ons mense in vandag se samelewing so stukkend is? Daar kan seker baie redes wees, maar swak verhoudings lê die grondslag vir baie gebroke huwelike. Dit is vandag so maklik om te skei en is dit skrikwekkend om te sien wat die egskeidingsyfer in Suid-Afrika is. Dit blyk ook net dat dit al hoe makliker is om tou op te gooi en die huwelik vaarwel toe te roep. Nodeloos om te verwys na die gepaardgaande seer en pyn wat die kinders aangedoen word.
Ek vra vir jou wat die boek in jou hand vashou – hoe kan jy met God wat jy nie kan sien nie, in ‘n verhouding staan as jy nie eers met jou huweliksmaat of kind(ers) wat jy wel kan sien, suksesvol in ‘n verhouding kan staan nie? Ons is nie gemaak om hier op aarde in die modder rond te ploeter nie. Nee, ons is gemaak om in oorwinning te leef, ook in huweliksverband. Daarom, as jy ernstig is oor die Woord van God en die inhoud van hierdie boek ter harte neem, sal jy in oorwinning begin te leef, in jou huwelik en in jou verhouding met jou kinders.
Liewe leser, die Bybel het baie besliste voorskrifte oor die huwelik, verhoudings, gesagsposisie rangorde en derglike aspekte rakende die huwelik.. Elkeen van hierdie aspekte en meer word hierin direk vanuit ‘n Bybelse perspektief, aangespreek.


