Die Mag van die Tong

R50.00

Het jy geweet dat elke mens het dieselfde SKEPPINGSMAG as wat God indertyd aan ons gedemonstreer het en nog steeds so doen? Besef jy mens, dat jy ook met die tong dood en  lewe kan spreek?

SKU: 2 Category: Tag:

Description

Het jy geweet dat elke mens het dieselfde SKEPPINGSMAG as wat God indertyd aan ons gedemonstreer het en nog steeds so doen? Besef jy mens, dat jy ook met die tong dood en  lewe kan spreek?

Ongelukkig het ons, die mens, toegelaat dat die mag wat daar in elkeen van ons se tong is, meer verwoesting saai deur ons skeppingsmag wat van die begin af vir die mens bedoel was, aan satan af te staan. Hoe dan so? Wel, luister maar net hoeveel leuentaal word gepraat, hoe word daar geskinder, hoe mense vloek, maar bo alles, hoe negatief mense praat. Daar is iets wat elkeen van ons baie duidelik moet verstaan. Hoe en wat jy spreek, is saad wat jy in die grond saai – en net jy en jy alleen, kan daardie oes afhaal. Niemand kan dit namens jou doen nie. Daarom is die Bybel baie duidelik daaroor dat ons moet stop en klaarmaak om dood te spreek deur selfbeheersing toe te pas en ons gedagtes te vernuwe.

Die beginsels hierbo na verwys word, vanuit ‘n Bybelse perspektief, direk aangespreek. Wat jy met die waarheid rondom hierdie baie belangrike onderwerp gaan doen, is elkeen se eie persoonlike keuse.