Description
Daar is so baie Christene vandag wat demonies belas is met ‘n gees van onvergifnis. Inteendeel, so baie van ons lewe met ‘n gesindheid van onvergifnis. Dan moet ons nie wonder hoekom dit in ons eie lewens so sleg met ons gaan nie. Hoekom, mag jy vra? Omdat daar ‘n direkte korrelasie is tussen ons vergifnis van mense (horisontaal) en God se vergifnis van ons sondes (vertikaal)(Matt.6:14-15). Ons wil nie graag vergewe nie, maar verwag dat ander mense ons moet vergewe.
Die Bybel leer ons baie duidelik dat ons nie net moet vergewe nie, maar ook vergeet. Daarmeesaam moet ons ook vryspreek en seën. Ongelukkig is daar vandag so baie mense wat nie wil vergeet nie. Hulle sal jou baie duidelik laat verstaan dat hulle vergewe het, maar klou vas aan elke negatiewe herinnering – en dit is niks minder as om maar nog steeds ‘n gees van onvergifnis te openbaar.
Vir solank as wat jy nie kan of wil vergewe nie, dra jy ‘n geestelike las (onvergifnis) met jou saam en sal slegs vanuit daardie tronk evry word sodra jy diegene gaan vergewe wat teen jou gesondig het.
Vanuit ‘n baie direkte Bybelse oogpunt word daar na die beginsels rondom hierdie onderwerp en soos in Sy Woord vervat, gekyk.


