Description
Die inhoud van hierdie boek is “iets” waaroor daar nie geredelik geskryf word nie. Insgelyks lees baie mense die Bybel so selektief, dat hulle baie slede uitkom by daardie gedeeltes wat ook regtig saak maak – soos byvoorbeeld die gedeeltes van die Bybel wat handel oor die onderwerpe wat in hierdie boek bespreek word. Dan kan ons geredelik verstaan hoekom die deursnee mens nie vatbaar is vir dit wat hierin geskrewe staan nie.
Mense is van oordeel dat as hulle Sondag kerk toe gaan, die poorte van die hemel vir hulle wawyd oopstaan. En ja, dit mag dalk so wees juis omdat die inhoud van hierdie boek niks met jou saligheid te make het nie. Dit was nog altyd God se idée dat ons in oorwinning hier op aarde moet leef. Ditsal egter selgs regkry as ons heilig voor Hom staan. Vanweë die onderhouding en viering van al die afgodsfeeste wat in hierdie boek bespreek word, het dit tot gevolg dat ons ‘n modderploeteraars-bestaan hier op aarde voer.
Liewe leser, asjy regtig ernstig is oor die Woord van God, sal jy jouself oopstel om die Heilige Gees die geleentheid te bied om self vir jou uit te wys waar jy sonde pleeg insoverre dit die inhoud van hierdie boek aangaan. Al die afgodsfeeste wat in hierdie boek bespreek word, is ‘n gruwel in die oë van die Here. Wil jy regtig die kans waag om ongehoorsaam aan God se Woord wees en te bly?
Die Bybel is baie duidelik oor welke feeste gevier moet word. Gaan jy na die lees hiervan, God behaag of gaan jy nog steeds voortgaan op jou ou weë? Wat is jou keuse?


