Description
Die inhoud van hierdie DVD is kontroversieël en het al baie hartseer in menige families/huishoudings veroorsaak en baie vriendskappe vernietig. Daarom kan ek net bid dat jy met ‘n oop gemoed en ontvanklike gees na die inhoud hiervan sal kyk.
Daar is hoofsaaklik twee groeperinge. Die wat as baba ingeseën en later groot gedoop word en dan diegene wat bloot besprinkel (sg. “kleindoop”) word. Dit is interessant om daarop te let dat weinig mense, ongeag in welke groepering hul val, werklik weet hoekom hulle also “gedoop” is. Die enigste afleiding wat gemaak kan word is dat elke mense op sy/haar besonderse manier “gedoop” word bloot vanweë tradisie. Omdat hul grootouers en ouers so gemaak het, maak hulle ook maar so – en nêrens gaan doen onsself die moeite om uit te vind wat die Bybel rondom hierdie waarheid sê nie.
Die inhoudelike hiervan sal op ‘n beskeie wyse die Bybelse waarheid rondom hierdie baie belangrike aspek, aan jou openbaar. Mag ons Hemelse Vader jou met die kyk hiervan, dermate seën.


