DIE GODSDIENS GEES ONTBLOOT

R100.00

Vanuit ‘n direkte Bybelse perspektief word daar na hierdie onderwerp gekyk.

Category: Tag:

Description

Toe Johannes, ‘n dienskneg van die Here, ongeveer 2000 jaar gelede daar op die strand van die eiland Patmos gestaan het, het ‘n engel van die Here aan hom verskyn en sekere openbarings van wat nog in die toekoms gaan gebeur, aan hom uitgewys. Ek wil glo dat Johannes op daardie stadium nie ‘n benul gehad het hoe hierdie naam (Antichris) die verbeelding van miljoene mense daarna sou aangryp.

Die gees van die Antichris is alreeds  hier op aarde – tussen die mense en is niks minder as ‘n demoniese gees. Ingelyks is daar dan ook al menige Antichriste hier op aarde – hoeveel mense het hulself nie al verklaar as die verse Messias? Desnieteenstaande is ons nog in afwagting vir die Antichris van die eindtyd.  Hy is saam met die Satan en die Vals Profeet, die mees goddelose, bedrieglike persoonlikhede van alle tye. Die Satan gaan deur hierdie twee navolgers van hom, miljoene mense mislei en verlei.

Hoe lank nog voordat Jesus op die wolke kom? My verstaan is dat sodra die wêreld hul gereed maak vir die koms van die Antichris-regering, dan moet ons weet dit is die laaste uur en dat die wederkoms van ons Koning Jesus op hande is.

Vanuit ‘n direkte Bybelse perspektief word daar na hierdie onderwerp gekyk.