Description
Sonder uitsondering sal elke mens weet en besef dat sonder ‘n hart, kan ‘n mens nie bestaan nie. Dit is in die fisiese, maar op geestelike vlak is die hart van die mens eweneens net so belangrik en sou ons onsself (ons hart) nie voed met geestelike voedsel nie, is die kanse groot dat ons eendag nie deur die poorte van die hemel sal gaan nie. Die hart is nie maar net ‘n orgaan wat bloed pomp nie.
Die oorsprong van alle dinge het hul ontstaan in die hart van die mens. Alles in die lewe (wat die mens sê – en dit wat ons spreek, gaan ons doen), begin by ‘n gedagte – en alle gedagtes kom vanuit die hart van die mens, hétsy positief hétsy negatief. Dan is dit vir geen doellose rede hoekom die Bybel ons leer dat ons elke gedagte gevange moet neem tot gehoorsaamheid aan God.
Daar behoort by elke gelowige kind van die Here ‘n dwingende begeerte te wees om op ‘n daaglikse basis jou hart te vernuwe juis sodat jy/ek tot die volle grootte van Christus kan groei.
Vanuit ‘n direkte Bybelse perspektief word daar na hierdie onderwerp gekyk.


