Die Hel bestaan werklik! – Ebook

R60.00

Baie min mense wil oor of van die Satan praat – want dan gaan soek ons hom mos agter elke bos. Die feit is egter dat Satan en sy demone ‘n werklikheid is en so ook ‘n Bybelse waarheid. Ons kan dit nie weg redeneer nie nog minder kan ons die bestaan van die duiwel en sy demone, ontken. Inteendeel, die Woord is baie duidelik – die hele wêreld ls in die mag van die Bose strong> (1 Joh. 5: 19). Daarom het hy nie ons toestemming nodig nie en SAL hy ons as mens aanval.

Category: Tag:

Description

Baie min mense wil oor of van die Satan praat – want dan gaan soek ons hom mos agter elke bos. Die feit is egter dat Satan en sy demone ‘n werklikheid is en so ook ‘n Bybelse waarheid. Ons kan dit nie weg redeneer nie nog minder kan ons die bestaan van die duiwel en sy demone, ontken. Inteendeel, die Woord is baie duidelik -? die hele wêreld ls in die mag van die Bose strong> (1 Joh.5: 19). Daarom het hy nie ons toestemming nodig nie en SAL hy ons as mens aanval.

 

Vir baie mense is die hel slegs ‘n illusie of iets wat in hul verbeelding bestaan. Die inhoud van hierdie boek mag jou dalk tot nugtere denke skok by die besef dat daar werklik so ‘n plek is soos die hel. Die Bybel is dan ook baie duidelik oor hierdie onderwerp, nieteenstaande die feit dat baie min kerke/bedienaars oor hierdie onderwerp praat.

 

As jy dalk een van diegene is wat enige voorbehoude het oor die bestaan van die hel, wil ek graag vir jou die volgende vra:? hoekom vermaan die Bybel ons male sonder tal om onsself te bekeer, as daar dan nie so ‘n plek soos die hel is nie? Die werklikheid is dat daar inderdaad so ‘n plek soos die hel is en spreek dit vanself dat dit ‘n pynigende gedagte vir ons Skepper moet wees om te sien hoe een van Sy maaksels die ewige verderf tegemoed gaan.

 

Vanuit ‘n baie direkte Bybelse perspektief word hierdie onderwerp hierin aangespreek.

Additional information

Type of Book

BOOK, EBOOK