Doping met die Heilige Gees

R100.00

Indien ons die Bybels aandagtig lees, sal jy agterkom dat om die Heilige Gees te ontvang en om gedoop/vervul te word met die Heilige Gees, twee definitiewe en afsonderlike gebeurtenisse is. Die dag as ons Jesus Christus as ons Verlosser aanvaar, word die Gees van God inwonend ons liggaam en ons word die tempel van die Heilige Gees.  Tot en met hierdie stadium, is daar nog geen sprake van enige outoriteit of Vrug van die Heilige Gees of enige gawes van die Heilige Gees nie. Iets ontbreek nog – die Doping met die Heilige Gees.

Category: Tag:

Description

Alvorens ons nie gedoop/vervul is met die Heilige Gees nie, sal ons nie die koninkryk van God  ingaan nie = Sy outoriteit ervaar nie. Dit was presies wat met Jesus gebeur het en so ook met Sy dissipels.

Ons dien ‘n God van orde. Daarom, om by daardie punt van vervulling met die Heilige Gees uit te kom, moet ons onsself eers bekeer, dan laat doop (fisies) en dan sal jy die vervulling van die Heilige Gees ontvang en ervaar – as jy daarna vra.

Die inhoud van hierdie onderwerp word in hierdie DVD in diepte en vanuit ‘n baie duidelike Bybelse oogpunt, aangespreek.