Description
Die inhoud van hierdie DVD word spesifiek gerig aan die adres van elke vrou – getroud of nie. Indien jy nog nie getroud is nie, kyk in elk geval hierna aangesien jy eersdaags in ‘n huweliksverhouding gaan staan en dan vind die inhoud hiervan net soveel toepassing op jou.
In ‘n samelewing waar dit net gaan oor “survival of the fittest”, is dit haas ondenkbaar dat Bybelse beginsels soos dit pertinent en baie duidelik vanuit die Bybel hierin uitgewys en aangespreek word, vandag nog enige toepassing kan en sal vind. Die emansipasie van die vrou het, tesame met vroueregte en menseregte, tot gevolg gehad dat die vrou van vandag nie meer hul regmatige posisie in die huwelik en huishouding wil inneem nie.
Onderdanigheid is ‘n vloekwoord en om as vrou net ‘n HULP te wees, is hoegenaamd nie denkbaar of aanvaarbaar nie – min wetende dat sodra jy as vrou jou regmatige plek ingeneem het, daar ‘n rustigheid en kalmte in die huwelik en huishouding sal neerdaal.
Die inhoud van hierdie DVD draai nie doekies om nie en as vrou sal jy verseker uitgedaag word. Sien jy kans daarvoor?


