Hoe leef jy – kind van God? – Ebook

R60.00

Baie mense mag dalk by die lees van hierdie boek, ontnugter word – juis omdat hulle nie die waarheid wil hoor/lees nie. Vir baie mense is dit goed genoeg om maar net so net-net te kwalifiseer s Christen . Dit is hoegenaamd nie wat die Here wil hê of van ons verwag nie.

Category: Tag:

Description

Baie mense mag dalk by die lees van hierdie boek, ontnugter word – juis omdat hulle nie die waarheid wil hoor/lees nie. Vir baie mense is dit goed genoeg om maar net so net-net te kwalifiseer as Christen . Dit is hoegenaamd nie wat die Here wil hê of van ons verwag nie.

Om ‘n ware volgeling van Jesus te wees, beteken om elke dag te leef soos wat die Skrif vir ons leer om te leef. Ongelukkig is die mensdom in so baie aspekte totaal onkundig, veral dan ook met betrekking tot wat die Bybel ons leer oor hoe ons tydens ons aardse bestaan hier op aarde, moet leef. Om ‘n duikboot-Christen (dit is iemand wat net op ‘n Sondag soos ‘n Christen wil leef) te wees en eintlik maar net lou is in jou godsdiens, sal jy uitgespuug word.

So baie mense huldig die mening dat ‘n loop en val godsdiens-bestaan hier op aarde, is goed genoeg. Regtig? Dink jy regtig dat ons hemelse Vader gelukkig sal wees met so ‘n leefstyl? Miskien het dit tyd geword dat ons regtig erns begin maak met die Bybel en gaan leef soos dit opgeteken staan in die onfeilbare Woord van God.

In hierdie boek word onder andere kortliks die volgende onderwerpe bespreek:

Nederigheid; Hoogmoed en Trots; Hoe praat jy?; Is jy vol van vreugde?; Is jou woord jou eer?; Praat jy leuentaal?; Vloek jy?; Hoereer jy?; Is jy ‘n verslaafde?; “Tattoos”; Gee jy jou tiendes en saai jy jou offergawes?; Doen jy goed aan ander?…..en andere.

Vanuit ‘n baie duidelike perspektief word daar na ‘n paar alledaagse aspekte van die menslike leefstyl gekyk en baie duidelik verwoord oor hoe die Here van ons verwag om daagliks te leef. Daarom, as jy na die titel van hierdie boek kyk, wil ek jou wat hierdie boek in jou hand vashou, vra – slaag jy die toets? 

Additional information

Type of Book

BOOK, EBOOK