Description
As uitgangspunt moet ons verstaan dat die Here nie in die doodmaak besigheid is nie – bloot omdat Hy ‘n God van liefde is. Die mensdom word deur Satan mislei om te glo dat dit die Here is wat mense siek maak en hul lewens voortydig hier op aarde beëindig. Hierdie siening is ontbloot van enige waarheid en is ‘n belastering van Sy karakter.
Die Skrif is baie duidelik – Jesus WIL jou genees. Hy maak nie siek nie en Hý laat dit ook nie toe nie. Om te argumenteer dat die Here jou also ‘n les wil leer of jou also nader aan Hom wil trek, is ‘n leuen reg uit die put van die hel.
Siekte is ‘n vloek waarvan die mens self die outeur is – omdat ons ongehoorsaam is aan Sy Woord en Sy opdragte soos vervat in die Woord van God, word ons gestraf. Siekte is ‘n vloek en nie deel van ‘n seën nie – en vloeke is afkomstig van die duiwel en nie van God nie.
Omdat Adam en Eva alreeds van die vroegste van tye gesondig het (en ons vandag nog so doen), het Satan ‘n wettige reg verkry om die mens aan te val – daarom is siekte deel van die sondeval. Voorts is dit medies bewys dat ‘n baie groot persentasie van alle siektes die resultaat is van dit wat ons dink.
As jy werklik belangstel in die waarheid rondom hierdie onderwerp soos dit opgeteken staan in die onfeilbare Woord van God, wil ek jou uitnooi om na hierdie DVD te kyk.


