Julle moet geloof in God hê! (Mark.11:22)

R50.00

Die inhoud wat in hierdie boekie (geloof) behandel word, is ‘n onderwerp waar ons daagliks hoor dat ons geloof moet hê en dat ons dit ons deel moet maak. Andersyds is dit ‘n gegewe dat ons in vandag se lewe so gejaagd lewe en meer spesifiek so op ons eie kragte staatmaak, dat ons onsself weinig verwerdig om eninsins te glo, wat nog te sê om Jesus, die Een wat ons glad nie kan sien, te vertrou.

SKU: 15 Category: Tag:

Description

Geloof is inderdaad een van daardie dinge wat ons nie kan sien, eet of proe nie, maar waarsonder niemand die binnekant van die hemelpoorte sal sien nie. Hierdie onderwerp is inderdaad een van daardie ek vat dit of ek vat dit nie, dinge. Ek kan net bid dat jy met die lees van hierdie boekie, dermate oortuig sal word dat jy tot die besef sal kom dat sonder geloof, jy op pad is hel toe – en dat jy dit sal vat.

Vanuit ‘n Bybelse perspektief en suiwer gebasseer op Bybelse beginsels, word hierdie onderwerp op ‘n baie verstaanbare en eenvoudige wyse behandel ten einde vir elke persoon sinvolle betekenis te hê.