Ken die Heilige Gees!

R100.00

Die Heilige Gees is deel van die Goddelike Drie-Eenheid en vir daardie rede is Hy nie minderwaardig of minder belangrik nie. Die Heilige Gees is nie ‘n verlengstuk van God nie, maar inderdaad ook God. Die Vader, Sy Seun Jesus en die Heilige Gees is drie geestelike Persone wat as sodanig in perfekte harmonie en as ‘n eenheid, God is. Hierdie Drie is nie drie gode nie, drie dele of drie uitdrukkings van God nie, maar drie Persone volmaak verenig om die ware God te wees. Ons dien nie drie gode nie, maar een God in drie Persone.

SKU: 17 Category: Tag:

Description

Ten einde die werking van die Heilige Gees te begryp, moet ons weet en verstaan wie en wat (met respek) die Heilige Gees is en hoe Hy te werk gaan in die daaglikse lewe van elke geredde kind van God. Daarom is dit dan ook die Gees van God wat ons as mens sal oortuig van sonde, geregtigheid (Sy manier van doen) en oordeel.

Daarom is dit so belangrik dat ons nie meer van die Heilige Gees moet kry nie, maar dat Hy totale beheer oor ons as mens moet verkry. Daarom is dit net so belangrik dat ons ook in ‘n direkte verhouding met die Heilige Gees moet staan.

Vanuit ‘n baie duidelike Bybelse perspektief word daar na die inhoud van hierdie onderwerp gekyk.