Kersfees – Afgodsfees?

R100.00

Die inhoud van hierdie DVD is nie “iets” waarvan die deursnee mens graag wil hoor nie, bloot vir die eenvoudige rede dat die mens so vasgevang is in tradisie. Kersfees was nog altyd daar en was van kindsbeen af gevier. As jou ouers dit dan as “reg” verkondig het, hoekom sal jy  hul woord betwyfel en afstand doen van hierdie gebruik? Baie min mense vandag het die oortuiging van hul hart om net ‘n bietjie ondersoek te gaan instel na die ware “karakter” van kersfees.

SKU: 18 Category: Tag:

Description

Insgelyks lees baie mense die Bybel vandag so selektief, dat hulle selde uitkom by daardie gedeeltes wat ook handel met die afgodsfeeste soos na verwys in die Bybel – dan ook in die besonder die Geskrifte wat handel oor kersfees. Daarom kan ons dan geredelik verstaan hoekom die deursnee mens nie vatbaar is vir die inhoud van hierdie DVD nie.

Ek wil egter benadruk dat die inhoud van hierdie DVD niks te make het met jou saligheid nie. As jy gered is, gaan jy hemel toe. Aan die anderkant – dit was nog nooit God se idee dat ons hier op aarde in die modder moet leef nie. Nee, God wil hê dat ons in oorwinning moet leef, maar dit is afgodsfeeste soos kersfees wat ons in die modder aftrek. Kersfees is ‘n afgodsfees en ‘n gruwel in die oë van die Here.

Die Bybel is baie duidelik oor welke feeste gevier moet word. Gaan jy na die kyk van hierdie DVD, nog steeds voortgaan op jou ou weë of gaan jy vir God behaag? Wat is jou keuse?