Description
Dit is ‘n mispersepsie om te dink dat die inhoud van hierdie DVD vind net toepassing op die manne. Nee, stellig nie! Daar is baie van Dawid se karaktereienskappe wat net so van toepassing is op elke vrou.
Dawid was ‘n man van inbors. Hy was onomkoopbaar en het met integriteit geleef. Hy was nederig van aard en kon met ‘n berouvolle hart sy sonde gaan bely. Daarenteen was hy ook net mens met tekortkominge. Ja, hy het ook sonde gepleeg in die oë van die Here, maar hy was deeglik daarvan bewus en kom opreg daarna sonde bely. Wat het hom dan so spesiaal in die oë van die Here gemaak? Dawid het geweet dat al die aanslae in sy lewe wat hy moes trotseer, nie maar net toevallig was nie. Nee, hy het besef dat God met hom besig was en daarom kon en het hy in ‘n intieme verhouding met God gewandel.
Direk vanuit ‘n Bybelse perspektief word daar na Dawid se lewe gekyk en hoe die Here hom guns gegee het, nieteenstaande sy menslike tekortkominge.


