Vry van Vrees! (Omnibus)

R100.00

Deel 1– Hierdie onderwerp handel oor een van die mees demoniese en vieslikste eeste wat daar in die koninkryk van duistenis is. Vrees (om bang te wees) is van die duiwel afkomstig en het geen welbehae in die oë van die Here nie. Ons mag dit dalk spanning,stres, bekommernisof besorgdheidnoem, maar God noem dit SONDE.

Category: Tag:

Description

Deel 1– Hierdie onderwerp handel oor een van die mees demoniese en vieslikste eeste wat daar in die koninkryk van duistenis is. Vrees (om bang te wees) is van die duiwel afkomstig en het geen welbehae in die oë van die Here nie. Ons mag dit dalk spanning,stres, bekommernis of besorgdheid noem, maar God noem dit SONDE.

Niemand is gevrywaar van hierdie demoniese gees nie – ongeag jou geslag, jou ras of jou status in die samelewing. Inteendeel, wie van ons het nog nie te doen gekry met hierdie onreine gees nie?

Vrees is niks anders as bedorwe geloof. Nou weet ons dat dit net gelowige mense is wat hemel toe sal gaan. Dan is dit vir geen doellose rede van wesentlike belang dat ons ontslae sal raak van alle vrees.

Deel 2– As ons hierdie onderwerp nie duidelik onderskei van Deel 1 nie, gaan ons onder die dekmantel van misleiding wees en bly.  Hierdie vrees aarvan gepraat word, is om ‘n diep, innige en respekvolle verhouding met ons Koning te hê. Dit gaan vra dat ons Sy Woord moet bestudeer en dan dit gaan DOEN (gaan leef). Dit spreek vanself dat ons Hom slegs sal respekteer as ons Hom verheerlik – deur te gaan doen soos wat Hy van ons verwag.

‘n Vrees verhouding met ons Koning is onontbeurlik vir ‘n geesvervulde en gelukkige lewe hier en nou tydens ons kort aardse bestaan.