Description
Die inhoud van hierdie boek is iets wat nie aan mense voorgehou word nie en inteendeel glad nie in die kerk as ‘n Bybelse waarheid verkondig word nie. Mense word geleer om dissipels te gaan maak en daardeur te voldoen aan ons Groot Opdrag. Dit is egter net een kant van die muntstuk. Die laaste gedeelte van Matt.28:19 omsluit ‘n mondvol en is direk van toepassing op die inhoud van hierdie boek.
Vir baie mense is geduld ‘n vloekwoord n lê vlak onder die vel van menige mense. Gaan kyk maar net hoe tree mense op en hoe hul hulself gedra in omstandighede waar geduld juis gevra en beoefen moet word. Om in vandag se lewe te WAG waar tyd? (of eerder die gebrek daaraan) van wesentlike belang is, grens aan die onmoontlike en tog was en is dit ‘n groot Bybelse waarheid. Daar is menige voorbeelde in die Bybel waar manne deur ‘n woestyntyd moes gaan ten einde voorberei te word vir die doel waarvoor die Here hulle geroep het. Wat maak dan dat ons die mening huldig dat ons in tyd en datum hiervan nie nodig het om te wag nie?
Die Here sal ons stilmaak en laat wag – en in daardie tyd van beproewing met jou bemoeienis maak juis om jou voor te berei vir die doel waarvoor Hy jou geskape het. Daarom moet ons onsself geestelik voorberei vir en wanneer daardie oomblik aanbreek.


