Description
Die gesin is ‘n instelling van God. Daarom moet en behoort die gesin suiwer te funksioneer volgens God se beginsels en voorskrifte soos vervat in die Bybel. Ongelukkig het die samelewing dermate verander en menslike verwagtinge en persepsies dienooreenkomstig.
Menseregte, vroueregte, kinderregte asook ‘n Nuwe Wêreld Orde plaas al hoe meer toenemend druk op die gesin en in die besonder op die samestelling en funksionering van die gesin. Daarmee tesaam loop hand aan hand ‘n totale morele verval van waardes en in die besonder God se skeppingsdoel vir elkeen van ons hier op aarde. Inteendeel, ‘n algemene tendens waarin mense wegbeweeg van die kerk en ‘n daarmeegepaardgaande gebrek aan ‘n intieme verhouding met ons hemelse Vader, is aan die orde van die dag.
Die Bybel is baie spesifiek rondom die samestelling van die gesin asook die funksionering daarvan – die gesagsposisie van man en vrou asook die rangorde van die gesin.
In hierdie boek word daar onbeskaamd gekyk na wat God van elke lid van die gesin verwag en hoe God wil hê elke lid van die gesin moet optree – individueel en in gesinsverband – asook wat elke gesinslid moet doen en bydra (die man se rol asook die van die vrou) sodat daar eenheid, vrede, geluk en liefde in die huishouding kan wees.


