Watter Bybel moet ons lees?

R100.00

Tradisie is nie altyd ‘n goeie “ding” nie. Onkunde en gebrek aan kennis is eweneens nog meer “gevaarlik”. As ons ouers vir ons as kind ‘n Bybel gekoop het, is dit die Bybel wat ons lees en basta, min wetende hoe “gevaarlik” dit eintlik is. Die Satan sal baie graag wil hê dat ons so ‘n gesindheid moet openbaar, want hy weet wat die gevolge daarvan sal wees.

SKU: 27 Category: Tag:

Description

Tradisie is nie altyd ‘n goeie “ding” nie. Onkunde en gebrek aan kennis is eweneens nog meer “gevaarlik”. As ons ouers vir ons as kind ‘n Bybel gekoop het, is dit die Bybel wat ons lees en basta, min wetende hoe “gevaarlik” dit eintlik is. Die satan sal baie graag wil hê dat ons so ‘n gesindheid moet openbaar, want hy weet wat die gevolge daarvan sal wees.

Een feit moet ons baie duidelik verstaan. Die maklikste manier vir Satan om die mensdom te mislei, is bloot om ‘n verdraaide/korrupte Bybel te laat skryf. Daarom is dit van wesentlike belang dat ons sal seker maak watter Bybel ons lees. Hoekom? Want die Woord van God is baie duidelik daaroor dat ons NIKS mag weglaat of toevoeg van Sy Woord soos dit oorspronklik vir die Heilige Gees geïnspireerde skrywers geopenbaar was.

Dit spreek tog vir sigself. As die boom vrot is, sal die vrug vrot wees. Net so – as die bron verkeerd is, sal die resultaat verkeerd wees. En die gevolg? Dit maak jou niks anders as ‘n vals profeet. Wil jy regtig daardie kans vat?

In hierdie DVD word daar onbeskaamd soos gefundeer vanuit die Bybel, na die waarheid rondom hierdie onderwerp gekyk.