Description
Al gewonder wat is ons doel hier op aarde? So baie van ons huldig die mening dat ons alhier op aarde is om net geld te maak sodat ons kos op die tafel kan sit en klere te kan koop. Ander huldig weer die mening dat om gelukkig te wees, ons totale einddoel hier op aarde is.
Nee liewe mens. Daar is ‘n baie besliste opdrag in die Bybel wat God se wil vir elkeen van ons hier op aarde is soos ons dit vind in 1 Thess.4:3. Ons Hemelse Vader wil baie graag hê dat ons hier en nou heilig moet lewe en inteendeel daarna moet streef om volmaak heilig te word. Maar ongelukkig het die hoop beskaam en vergun ons onsself om maar nog steeds sonde te pleeg – asof dit God se goedkeuring sal wegdra.
Die Bybel is baie spesifiek rondom hierdie onderwerp en sal dit jou dalk verbaas oor presies hoe voorskriftelik God hieromtrent is. Heb.12:14 behoort elkeen tot nugtere denke te skok dat indien jy nie jou heiligmaking nastreef nie, jy die Here nie sal sien nie. Wil jy regtig daardie kans waag?
In hierdie dvd word daar in diepte gekyk na wat die Woord van God vir elkeen van ons rondom hierdie onderwerp voorskryf. Daarom wil ek vir jou vra: is jy al afgesonder vir God?


