Description
So baie mense aanvaar dat as daar oor hierdie onderwerp gepraat word, moet daar volstaan word met wat gesê word in Gal.5:22. Dan wonder ek maar net – wat van al die ander morele eienskappe wat Jesus tydens Sy aardse lewenswandel vir ons kom demonstreer het en waarna geen verwysing gemaak word in voormelde teksvers nie? Eienskappe soos gehoorsaamheid, geloof en baie andere.
Nee liewe kyker, die vrug van die Heilige Gees omvat elke morele eienskap waarvan Jesus self die verpersoonliking was – bloot omdat hy die Volmaakte was en is. So word daar van jou en my verwag, inteendeel, so word ek en jy opdrag gegee om ook te streef om elke morele eienskap van Jesus ons eie te maak en dit also te gaan uitleef.
In hierdie DVD word daar spesifiek gekyk na presies wat is die vrug van die Heilige Gees, hoekom die vrug so belangrik is, die vrug as simbool en dat ons baie vrug moet gaan dra. Daarna word daar vanuit ‘n Bybelse perspektief, individueël na elke gedeelte van die vrug van die Heilige Gees gekyk soos dit vervat is in voormelde vers. Onthou! Elkeen van ons moet gaan vrug dra wat by ons bekering pas.


